Koffie Dame

 In ‘n ongenaakbare wereld waar vroue soveel rolle moet vervul, is dit soms moeilik om ‘n balans te handhaaf.

‘n Wêreld waar tyd die dag se roetes en doen en late bepaal. Tyd is nie altyd ons vriend nie, maar tyd help ons tog om te beplan, en dan die balletjies van die lewe almal in die lug te hou sonder om iets te laat val is weer ‘n missie op sy eie, want as een van daardie balletjies val, moet jy en daardie horlosie weer stoei om alles in te pas, terwyl die grondballetjie gou gewas en gepolitoer en weer in die lug moet gaan!

Daar is – ten spyte van al die multitaak in 24 uur – ‘n verwagting van ‘n werkende vrou. Kom ons noem dit ‘werks etiket’.

 

Binnekort Beskikbaar

Die Dame.

Die dame by die werk, is georganiseerd, gemotiveerd en gereed vir haar pos. En sy lyk altyd pragtig en goed versorg. Hierdie is normale ‘werksetiket’
Om ons werkende Dames, en ook die here te asisteer met die rolvervulling en werks etiket het ons ‘n Koffie DAME reeks vir korporatiewe en vir ‘werksplekke’ ontwikkel. Die reeks is ook gepas vir publieke koffie stasies waar kliente dalk wag, of bedien word wanneer hulle besoek aflê by die werksinstansie.

Koffie DAME spog met ‘n gepoleerde Espresso Goud, ideaal vir heeldag se drinkgenot. Sterk, tog matig genoeg om daardie koffie koppie vol te hou, sonder om die ritteltits te kry!

Koffie Dame sorg ook vir die spesiale koffie konniseur met ‘n helder en vrugtige Mokka Java met 100% sagte Arabica versnit. En die is ook geskik vir heel dag se koffie bederf.

So, dit is alles reg, en normaal om die koffie DAME te wees, dit is ‘n trotse titel.
So dra dit met al die trots en die positiewe en mooi waarmee dit gepaard gaan.

Onthou dat jy altyd in jou hart, ook Trots Eerlik Eksentriek en Fyn kan wees (T*E*E*F) 24 uur van die dag.

Bly positief, en onthou, as die druk en die lewe oorweldigend raak, maak jou koppie koffie VOL, rus, en staan op, maar moenie moed verloor nie.

All rights reserved @ Koffie Teef .co.za

306 Rooiribbok str,
Waterkloof Ridge Estate

060 948 6672