Van kindsbeen af, was ek maar anders.

Van kindsbeen af, was ek maar anders. Party mense sou se skuins van die regering, in retrospek sou ek steeds dink ek was net op my eie golflengte!

Gelkkig het my ouers my groot gekry met my abstrakte denkwyse en optrede, miskien was ek nog altyd maar net kunssinnig en ‘n bietjie misverstaan.

Nie te min, ek het ‘n handjie vol groot liefdes in my lewe, en een konstant is en was nog altyd koffie.

Koffieteef is ‘n direkte uitlewing van hoe ek die lewe ervaar. Ek is baie trots, nie te trots om te erken as ek verkeerd is nie, maar trots om Alana te wees, trots op my pragtige familie, trots om ‘n Suid-Afrikaanse vrou te wees en te oorleef wanneer my wederhelfte soms met rukke lank landuit is. Ek is ‘n ‘survivor’ – en ek leer my kind om selfstandig te wees, en dit alles maak my trots.

Eerlik – ja, PYNLIK, soms te veel, en te direk, maar nooit wraaksugtig nie.

Eksentriek was ek nog altyd, nie buitensporig nie, net matig in vergelyking met ons Afrikaanse kultuur. Geseend is ek met die vriendekring wat ek van kindsbeen af opgebou het met individue wat my verstaan en aanvaar!

Ek kan lag, mens moet vir jouself en vir alles soms net kan lag om nie stapel gek te word nie! Soms is dit maar nodig om ‘tong in die kies’op jou eie ‘n fyn grappie te maak om situasies vir jouself makliker te maak, soos ‘n hanteringsmeganisme!

Daar is so baie wonderlike medevroue wat ook al ‘n pad gestap het in die lewe. Hulle wil tuis voel, aanvaar word, waardeer word vir hulle persoonlike eienskappe sonder om gekritiseer te word.

Daarom wil ek koffieteef vir hierdie en ALLE vroue gee.

Geniet dit saam met mense wat waardevolle insette in jou lewe meebring, geniet dit saam met mense vir wie JY ‘n waardevolle toevoeging kan wees, dalk iemand wat aleen voel en ondersteuning nodig het. Gebruik KOFFIETEEF as ‘n verskoning as dit nodig is, maar reik uit! En aanvaar as daar na jou toe uitgereik word.

Ons het een lewe meisies.
Kom ons vat hande en KOFFIETEEF saam

Liefde

Alana